Tuis Port Elizabeth

Kantoor Besonderhede:

   ( 041 ) 373 9647

   kantoor@gkpe.co.za



Predikant Besonderhede:

   ( 041 ) 373 3447

( 083 ) 366 6240

   predikant@gkpe.co.za



Designed & Hosted by Fire Ant Technology © 2015

Media Kommissie Besonderhede:

   ( 083 ) 383 2636

   arnold.henriette@gmail.com

Réhobot

Rehobot beteken “ruimte”. Uit Gen. 26:22 blyk dit dat die Here ruimte maak vir mense om te leef. Juis daarom is Rehobot ’n projek wat vertel van God se ruimte wat Hy maak vir hawelose mense, mense wat op die straat slaap, mense wat honger, siek en ellendig is.


Hierdie projek het klein begin met vyf mense wat skaam-skaam kom aansit het aan gedekte tafels. Tans het dit gegroei tot meer as 100 mense. Aan hierdie mense word liefde bewys en menswaardig behandel.

Na ‘n stewige ete word die Blye Boodskap van God se liefde vir hulle verkondig. Daar is egter ’n groot behoefte aan Bybels, ou klere en winterkomberse. Soms werk die helpers hulle hande stompies om vir almal kos te gee vanaf vrywillige skenkers, maar dit gee ongelooflike bevrediging en ’n innerlike vrede.

Hierdie is 'n baanbrekersprojek waar op nuwe terreine beweeg word om die evangelie aan die uitgeworpenes van die samelewing te bring. Die entoesiasme van Danie van Rensburg, Rina Ras, Annalie Cilliers, Martie Steenkamp en 'n hele klomp ander vrywilligers, is aansteeklik.